Geskiedenis van die Wêreld in 200 Woorde of Minder
Kwantumfluktuasie. Inflasie. Uitsetting. Sterk kerninteraksie. Deeltjie-antideeltjievernietiging.
Produksie van deuterium en helium. Dightheidsversteurings. Rekombinasie.
Swartliggaam- straling. Plaaslike saamtrekking. Trosvorming. Reionisasie?
Hewige verslapping. Virialisasie. Sydige melkwegvorming. Turbulente fragmentasie.
Saamtrekking. Ionisasie. Saampersing. Ondeursigtige waterstof. Vorming van
massiewe sterre. Deuteriumontbranding. Waterstofsmelting. Waterstofuitputting.
Pitsaamtrekking. Dopuitsetting. Heliumsmelting. Koolstof-, stikstof- en silikonsmelting.
Ystervorming. Inploffing? Supernova-ontploffing. Metaalinspuiting. Stervorming.
Supernova-ontploffings. Stervorming. Kondensasie. Planetesimale aanwas.
Planetêre differensiasie. Korsstolling. Uitforsering van vlugtige gasse.
Waterkondensasie. Water- dissosiasie. Osoonproduksie. Ultravioletabsorpsie.
Fotosintetiese eensellige organismes. Oksidasie. Mutasie. Natuurlike seleksie
en evolusie. Respirasie. Seldifferensiasie. Geslagtelike voorplanting. Fossilisering.
Landverkenning. Uitwissing van dinosourusse. Soogdierverspreiding. Vergletsering.
Manifestasie van Homo sapiens. Verhuisliking van diere. Voedselsurplusproduksie.
Beskawing! Innovasie. Ontdekking. Godsdiens. Nasiestryd. Vorming en vernietiging
van koninkryke. Ontdekking. Kolonisering. Belasting sonder stemreg. Revolusie.
Konstitusie. Verkiesing. Uitbreiding. Industrialisasie. Rebellie. Proklamasie
van slawevrystelling. Uitvinding. Massaproduksie. Verstedeliking. Immigrasie.
Wêreldoorlog. Volkerebond. Uitbreiding van stemreg. Depressie. Wêreldoorlog.
Kernontploffings. Verenigde Nasies. Ruimte-ontdekking. Sluipmoorde. Maanlandings.
Nixon-bedanking. Rekenarisasie. Wêreldhandelsorganisasie. Terrorisme.
Internetuitbreiding. Hereniging. Dissolusie. Webskepping. Komposisie. Ekstrapolasie?
Copyright 1996,1997 by Eric Schulman
Afrikaans translation by Philip Fourie (pdtf@sun.ac.za).
Back to the Universal History Translation Project
Page.